Remember that time I submitted a short story to KUIER/LAPA Publishing for a competition? If not then start here: Fingers Crossed I’ve Entered a Competition
So, it turns out that I shouldn’t be permitted to write anything when I’m down with flu because my story was probably too dark. Or maybe not. I don’t know. What I do know for sure is that it was my first rejection (of hopefully only a few) for my success story.
To my English readers who doesn’t understand Afrikaans, I will be posting an English version of it next week sometime with a bit of tweaks, so watch this space. Please give me your views on it. All critique welcome.
Here goes:
MY LIEFSTE KIND
Dis drie uur in die nag en Freda sit regop in haar bed. Sy hoef nie na ‘n horlosie te kyk om te weet presies hoe laat dit is nie. ‘Die duiwel se uur’ het die ou mense altyd gese. Dis snaaks hoe sy nog altyd gewonder het hoe klein kinders altyd weet hoe laat hul stories op die televisie verskyn of wanneer hul ouers tuis kom. Nou weet sy presies. Nie dat sy dit verstaan nie maar sy identifiseer daarmee.
Sy sit angsbevange en klou aan haar kombers. Christiaan is nie daar om haar te beskerm nie. Hy het belowe om te bly tot die dood hulle skei. ‘Dis nie sy skuld nie’ probeer sy haarself troos vir haar man se ontrouheid. Dis daai flerrie wat hom weggerokkel het. Een van die dae is hy weer tuis dan kan sy weer snags slaap. Een van die dae sal hy nie net vinnig huis toe kom om… Om… Om wat? Sy weet nie eers hoekom hy dan en wan vyf minute lank na hul huis kom nie.
Terwyl sy sit en wonder oor haar man hoor sy die gekap aan die deur. Alle gedagte van Christiaan vir eers opsy. Sy behoort al teen hierdie tyd gewoond te wees aan die patroon. Haar kleine Stefan. Op vyf-en-dertig jarige ouderdom is hy nog steeds haar liefling kind. Hy was nog altyd ‘n ongeduldige kind en Freda spring op om die deur vir hom oop te maak.
Wat gaan hy hierdie keer neem? Daar is niks meer van waarde wat hy kan neem nie. Sy pa se klere is weg en Stefan het laas al hare geneem. Daar is nie ‘n krummel kos in die huis nie. Hy gaan so boos wees. Freda is bang hy gaan haar telyf gaan. Sy weet hy bedoel dit nie maar dit maak dit nog steed nie maklik om aan die genade van sy vuiste te wees nie. Vandat hy die eerste keer sy hande vir haar gelig het, het sy geleer om hom enige iets te gee wat hy wil he. Maar wat is daar nou? Niks.
“Hallo my kind” se sy saggies. Stefan groet haar nie terug nie loop soos ‘n besetene deur die huis en krap in al die laaie en kassies. Freda klou aan haar nagrok om haar hande besig te hou. “Hoekom is hier niks in die huis nie? En waar is my kos” Skreeu-vra Stefan. Soos ‘n verlee kind staan Freda en probeer sy blik vermy. “Ek is jammer my kind….” probeer sy verduidelik maar Stefan keer haar woorde met ‘n klap dwarsdeur haar gesig en sy tuimel na die grond. Die glinster in sy oe laat haar weet dat hy nie klaar is nie. Die duiwel het in haar liefste kind gevaar.
Dis nie sy skuld nie, se sy haarself vir die hoeveelste keer. Dis sy vriende en die dwelms wat hulle aan hom verskaf. Alles wat hy doen is hulle skuld. Haar vlees en bloed is nie ‘n monster nie. Sy glo dit in haar hart en kan nie glo dat Christiaan dit van hul enigste kind kan glo nie.
Stefan ruk haar aan haar hare en sleep haar na die kombuis. Freda het lank terug geleer dat dit beter is om soos ‘n lappop saam te werk. Dit maak die pyn makliker om te verdra. Hierdie keer voel iets anders. Alles omtrent hierdie duiwels uur is verskillend. Freda wil haarself om nie nou daaraan te dink nie.
‘Wat gaan my liefste kind tog nou doen?’ Vra sy haarself toe sy die mes in sy hande gewaar. “Stefan! Nee my kind. Ek is jou ma. Moet my asseblief nie seer maak nie.” Haar pleit is tevergeefs. Stefan luister nie na haar en hy lag hardop. “Jy is lankal nie meer my ma nie. Jy is meer werd dood vir my. Wat is jou polis uitbetalings?”
Op daardie oomblik besef Freda Stefan nie meer haar kind is wat sy al die jare koester en beskerm nie. Hy wil haar dood maak. En vir wat? Vir ‘n bietjie geld wat nie eers lank gaan hou nie.
Die bietjie krag wat sy in haar het gebruik sy om vir haar lewe te veg. Hy is groter as sy maar haar wil om te lewe is groter. Hulle worstel vir ‘n tydjie en hy steek haar ‘n paar keer maar Freda se klein figuur maak dit moontlik vir haar om uit sy kloue te kom. Sy gryp na ‘n pan op die stoof en mik na sy kop. Met die eerste swaai slaan sy hom hard op sy kop en hy val na die grond. Freda het nie verwag dat daardie een hou die eerste en laaste sou wees wat sy ooit haar seun sal gee nie. Nog minder het sy verwag dat dit die einde van Stefan se lewe sou wees.
By sy begrafnis voel Freda nie dat sy die reg het om daar te staan en rou vir ‘n kind wat sy self graf toe gestuur het nie. Christiaan het intussen terug huis toe getrek om hul huwelik nog ‘n kans te gee. Sy besef nou dat sy nie kans sien daarvoor nie. Hy het sy belofte aan haar en sy gelofte aan God verbreek en sy kan hom nie vergewe nie.
Na al die begrafnisgangers weg is staan sy alleen by Stefan se graf. “My liefste kind, ek het jou nog altyd liefgehad. Ek verstaan nou dat my liefde my blind gemaak het vir jou foute. Dalk sou dinge anders uitgewerk het as ek jou nie te veel opgehemel het nie. Ek is jammer daarvoor en ook jammer dat dinge so moes eindig.” Die trane rol teen haar wange af. “Jy was en sal nog altyd my liefste kind bly.” Soos sy omdraai en wegstap voel sy vir die eerste keer in jare ‘n hoop vir die toekoms. Snaaks hoedat sy alles moes verloor om tot haar sinne te kom.